27 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-03-2024 só ingevul:
Die ........ is bekend vir olywe, goeie wyn en 'n luilekker leefstyl.
Middellandse-See-Gebied Middellandse Seegebied
Middellandse-Seegebied
Middellandse See Gebied
In samestellings met multiwoordeiename word die skryfwyse van die oorspronklike eienaam ("Middellandse See") behou, terwyl die deel waarmee dit verbind ("gebied") vas of met 'n koppelteken vas daaraan geskryf word. Naas "Middellandse Seegebied" is "Middellandse See-gebied" dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Boetie is 'n introvert ........ Sussie is ook maar skamerig.
/
,
: ;
'n Kommapunt kom in die middel van 'n sin voor. Daar is 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.
Idioom: Klein begin, aanhou ........ .
begin win
besin
bemin
Die idioom "klein begin, aanhou win", beteken 'volharding bring sukses, al is die begin nietig'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Albert het ........ met lof geslaag.
slegs psigologie 211
psigologie 211 of Psigologie 211 slegs Psigologie 211
Name van vakgebiede (soos privaatreg, wiskunde, bedryfsekonomie, ensovoorts) word nie verpligtend met 'n hoofletter geskryf nie. Wanneer dit egter die naam van 'n spesifieke module aan 'n instelling is, word dit wel met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)