'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het ons vakansie gehou? Die antwoord: lekker.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Hierdie bydraes was die motivering vir die ........ van die span.
reuse-sukses reusesukses
reus sukses
reuse sukses
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Brandslaners dra ........ klere om hulle teen die hitte en vlamme te beskerm.
brandvast
brandvasse
brandvas brandvaste
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("brandvas"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: 'n Boom aan sy ........ ken.
vrugte
blare
wortels
takke
Die idioom "'n boom aan sy vrugte ken", beteken 'iemand volgens sy/haar dade beoordeel'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)