16 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-04-2024 só ingevul:
Die skrywers behoort aan 'n ........ .
gilde
gulde
'n Mens noem 'n beroepsvereniging 'n gilde. "Gulde" beteken 'goue', soos in "'n gulde geleentheid" (wat dus as 't ware 'n goue geleentheid is).
Sien ook die bladsy Homofone.
Die meervoud van die gewone naam van die plant "Melianthus comosus" is ........ .
kruidjieroermynies kruidjie-roer-my-nies
kruidjie-roer-my-nieë
kruidjies roer my nie
'n Woordgroep bestaande uit meer as twee woorde wat in die geheel betekenisverdigting ondergaan het en na een saak verwys, word met koppeltekens vas geskryf. AWS 12.19
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Job se lewe het gespreek van ........ .
slegs godvresendheid
slegs Godvresendheid
Godvresendheid of godvresendheid
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die premier het sy ........ uitgespreek oor die verlies van onskuldige lewens.
weemoed
lof
rou hartseer
'n Mens spreek jou "hartseer", "simpatie" of "medelye" uit by iemand se dood; iemand "rou" oor die dood van 'n geliefde; die woord "lof" is 'n sinoniem vir "prys"; "weemoed" is 'n 'treurige gevoel', byvoorbeeld om met 'weemoed' afskeid te neem.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)