Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 22-09-2020 (vlak 2)



vorige toets 22 SEP Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-09-2020 só ingevul:



Daar is vier ........ in 'n jaar.


100 % (afgerond)kwartale 
kwartalens
quartale
kwartaals of quartaals

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2). Die een "a" val weg omdat 'n "a" in 'n oop lettergreep nie verdubbel word nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die vraestel was ........ moeilik.


1 % (afgerond)beitengewoon
99 % (afgerond)buitengewoon 
bytengewoon

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “beitengewoon” in plaas van die korrekte “buitengewoon”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Annemarie is met 'n ........ getroud.


1 % (afgerond)Ceg
16 % (afgerond)Tjeg
5 % (afgerond)Czeg
78 % (afgerond)Tsjeg 

Iemand wat van die Tsjeggiese Republiek kom, word 'n Tsjeg genoem. 'n Tsjeg het Tsjeggiese gewoontes en praat Tsjeggies.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




Die rook van sigarette tas ʼn mens se ........ aan.



98 % (afgerond)smaak 
2 % (afgerond)proe
proef

Die Engelse werkwoord "taste" is in Afrikaans "proe" in die betekenis 'ek proe iets', en "smaak" in die betekenis 'iets smaak lekker'. As jou "smaak" aangetas is, kan jy nie goed "proe" nie. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties