08 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-12-2025 só ingevul:
Die Drakensberg troon ........ oor die Tugela.
majestueus majestieus majestieeus majestiees
Ander sinonieme vir "majestueus" sluit in: "groots, imposant, koninklik, oorweldigend".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Ons moet maar versigtig wees vir Pieter met al sy gevaarlike opmerkings; hy is 'n regte ........ .
los kanon ongeleide missiel of projektiel ongeleide missiel los kannon
Die uitdrukking "ongeleide missiel" verwys na 'n onverantwoordelike of onvoorspelbare persoon. Die Engelse ekwivalent is "a loose cannon".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ komponis, Richard Wagner, is veral bekend vir sy operas.
negentiendeëeuse negentiende eeu se negentiende-eeuse negentiende eeuse
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel ("-se") wat 'n woordgroep ("negentiende eeus") saambind tot 'n woord wat vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Ek is baie beïndruk met die nuwe ........ .
bmw B.M.W BMW B.m.w.
Letternaamwoorde wat met hoofletters geskryf word, word sonder punte geskryf. "BMW" staan vir 'Bayerische Motoren Werke'. (NAWS 12.10)
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)