Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 08 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-12-2025 só ingevul:



Pasop, die vloer is glad.
Wat is die woordsoort van "glad" in bostaande sin?

1 % (afgerond)voegwoord
9 % (afgerond)selfstandige naamwoord
10 % (afgerond)bywoord
80 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “gladde” vloer. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “glad”, “gladder”, “die gladste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die spreker ........ .

5 % (afgerond)dwaal af van die punt
95 % (afgerond)dwaal van die punt af 
afdwaal van die punt

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die spreker dwaal van die punt af.” en “Hy het van die punt afgedwaal.”
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek het die tydskrifte ........ vir lekker resepte.
63 % (afgerond)slegs deurgesoek 
5 % (afgerond)slegs gedeursoek
31 % (afgerond)deurgesoek of gedeursoek

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "ge-" (oftewel "-ge-") (AWS 17.2).

Die woord "deursóék" (met die klem op "soek") word volgens die WAT figuurlik gebruik, en die verledetydsvorm is dus "deursoek" (AWS 17.1), byvoorbeeld: "Ons het ons harte deeglik deursoek."

Die woord "déúrsoek" (met die klem op "deur") beteken 'aanhou met soek', en die verledetydsvorm is dus "deurgesoek" (AWS 17.2), byvoorbeeld: "Ons het al die boeke deurgesoek vir inligting."
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Idioom: Wie met ........ omgaan, word daarmee besmeer.
73 % (afgerond)modder
1 % (afgerond)strooi
22 % (afgerond)mis 
4 % (afgerond)slym

Die idioom "wie met mis omgaan, word daarmee besmeer" beteken dat slegte vriende 'n mens beïnvloed.
Die Engels is "Touch the pitch and be defiled."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties