08 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-12-2025 só ingevul:
Jy moet jouself genoeg tyd ........ om van die besering te herstel.
gen gun gin
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “gin” in plaas van die korrekte “gun”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Sommige mense het geen pigment in hul vel nie en word ........ genoem.
Albinoes albino’s albinos Albino’s
Naamwoorde wat eindig op "-a", "-e", "-i", "-o", "-u" ("albino") en onbeklemtoonde "-ie" en "-ee" kry ’n "-s" in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 21 Maart gevier word?
menseregtedag Mense Regte Dag Menseregtedag Menseregte Dag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf. "Menseregtedag" is 'n samestelling en word daarom vas geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die woord "bakkies" in die volgende sinne is ’n ........ . Ek het ses bakkies nodig om die poeding in te maak. Sjoe, maar daai man het darem lelike bakkies.
sinoniem homoniem antifoon homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "bakkies" (‘meervoud van bakkie’) en "bakkies" (‘informele sinoniem vir gesig’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)