2247 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-12-2024 (vlak 3)



vorige toets 11 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-12-2024 só ingevul:



Ek moet sê, ek dink jou nuwe ........ is baie sexy!
3 % (afgerond)tatoeëer merk
31 % (afgerond)tatoëermerk
2 % (afgerond)tatoemerk
65 % (afgerond)tatoeëermerk 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
55 % (afgerond)Nabye-Oosterse
18 % (afgerond)nabye-Oosterse
10 % (afgerond)nabye Oosterse
17 % (afgerond)Nabye Oosterse 

Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Iemand wat van Kirkoek afkomstig is, noem mens 'n ........ .
16 % (afgerond)Kirkoekaan
30 % (afgerond)Kirkoeker
12 % (afgerond)Kirkoekiaan
42 % (afgerond)Kirkoek 

Iemand wat van Kirkoek kom, is 'n "Kirkoek" met "Kirkoekse" gewoontes.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Wat noem ons iemand wat sakeondernemings (dikwels kleinsake) oprig?
6 % (afgerond)entepreneur
1 % (afgerond)entripeneur
28 % (afgerond)entrepeneur
65 % (afgerond)entrepreneur 

Die woord "entrepreneur" hou verband met die Oudfranse woord "entreprendre" wat 'onderneem' beteken.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties