09 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-09-2024 só ingevul:
Dit is van ........ belang dat hierdie probleem dadelik opgelos word.
kritiese kritieke
"Kritiek" en "krities" word dikwels met mekaar verwar. "Krities" word gebruik as 'n mens kritiek uitspreek ("kritiese persoon"), terwyl "kritiek" gebruik word as iets van die uiterste belang is.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die idioom: "Hy het ʼn bek soos ʼn skeermes", beteken ........ .
skerp tande hê
onaantreklik wees
glad geskeer wees wel ter tale wees
Die idioom "ʼn bek soos ʼn skeermes hê", beteken dat iemand taal goed kan gebruik, of baie skerp is. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Frederic dien op die ........ wat die armoedevraagstuk moet ondersoek.
adhockomitee
ad hoc komitee ad hoc-komitee
Samestellings met woorde van ’n vreemde herkoms word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "ad hoc-komitee" (AWS 12.4).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hoeveel vrugte is daar in die mandjie op die tafel? Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vrugte" in bostaande sin?
versamelnaam
abstrakte naamwoord
eienaam soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vrugte", "tafel", "motors" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)