2247 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-12-2024 (vlak 1)



vorige toets 11 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-12-2024 só ingevul:



Wat is die meervoud van "veranda"?
2 % (afgerond)verandae
1 % (afgerond)veranda'e
69 % (afgerond)verandas 
28 % (afgerond)veranda's

As die laaste "a" in 'n woord onbeklemtoon is, word die meervoud nie met 'n afkappingsteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ná sy vrou se dood was Herman baie ........ .

99 % (afgerond)eensaam 
ensaem
1 % (afgerond)eensaem
ensam

In geslote lettergrepe (soos in die woord “bevooroordeel”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (NAWS 18.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



........ boer met sonneblomme.
73 % (afgerond)Gerrit-hulle 
21 % (afgerond)Gerrit hulle
6 % (afgerond)Gerrit en hulle

Verbindings met "hulle" word met ’n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "Gerrit-hulle", "Dewald-hulle", "Pa-hulle".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ons het Kersfees aangename besoek van die familie gehad.
'n Sinoniem vir "aangename" in bostaande sin, is ........ .
1 % (afgerond)bedeesde
89 % (afgerond)lekker 
8 % (afgerond)uitbundige
1 % (afgerond)sombere

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "aangenaam - lekker", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties