2291 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-12-2024 (vlak 2)



vorige toets 11 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-12-2024 só ingevul:



........ die nuwe wet betaal ons nou meer belasting.
In-gevolge
14 % (afgerond)In gevolge
85 % (afgerond)Ingevolge 
1 % (afgerond)In gevolg

Wanneer betekenisverdigting plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Hierdie musiekstuk is in verskillende ........ geskryf.
tempoe’s
1 % (afgerond)tempoes
88 % (afgerond)tempo’s 
11 % (afgerond)tempos

Woorde wat op ʼn "i", "o", "u" of ʼn beklemtoonde (lang) "a" eindig, word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Idioom: Van die ........ op die tak spring.
75 % (afgerond)hak 
12 % (afgerond)blaar
14 % (afgerond)boom

Die idioom "van die hak op die tak spring", beteken 'sonder voorbereiding van die een onderwerp na die volgende oorgaan'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ruth lees haar Bybel in ........ .
5 % (afgerond)latyn
31 % (afgerond)Latyns
6 % (afgerond)latyns
59 % (afgerond)Latyn 

Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties