11 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-12-2024 só ingevul:
........ die nuwe wet betaal ons nou meer belasting.
In-gevolge
In gevolge Ingevolge
In gevolg
Wanneer betekenisverdigting plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Hierdie musiekstuk is in verskillende ........ geskryf.
tempoe’s
tempoes tempo’s
tempos
Woorde wat op ʼn "i", "o", "u" of ʼn beklemtoonde (lang) "a" eindig, word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Idioom: Van die ........ op die tak spring.
hak
blaar
boom
Die idioom "van die hak op die tak spring", beteken 'sonder voorbereiding van die een onderwerp na die volgende oorgaan'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ruth lees haar Bybel in ........ .
latyn
Latyns
latyns Latyn
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)