12 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-08-2024 só ingevul:
Diana het haar daarmee versoen dat haar aansoek afgekeur is. Wat is die woordsoort van die woord "versoen" in bostaande sin?
werkwoord
telwoord
hulpwerkwoord
voegwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan. Dit word dikwels met "ge-" aangedui, maar sommige woorde, soos "versoen", kry nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Identifiseer die FOUT in die volgende sin: Daar word talle sportmotors teen weggeepryse in die tweedehandse motorgids geadverteer.
sportmotors tweedehandse motorgids
weggeepryse
geadverteer
Die korrekte skryfwyse van "tweedehandse motorgids" is "tweedehandsemotorgids". Dit is 'n samestellende samestelling wat bestaan uit 'n woordgroep ("tweedehandse motor") plus naamwoord ("gids").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Hierdie hemp is ........ as daardie een.
grooter groter
grootter
Die vergrotende trap van "groot" is "groter" en die oortreffende trap is "grootste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Green Peace was tereg ontstoke nadat die vissers weereens dolfyne ........ gemaak het.
van kant
vankant
vakant
Die uitdrukking "iets van kant maak" beteken om 'iets dood te maak' of 'uit die weg te ruim'. Die woorde "van kant" word los geskryf.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)