2407 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 09 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-08-2024 só ingevul:



Ek hou van feite, kennis en logiese redenering, daarom verkies ek die ........ bo die mistieke.
1 % (afgerond)weetenskap
wetinskap
99 % (afgerond)wetenskap 
weetinskap

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2); die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Uitdrukking: Iemand buite ........ stel.
20 % (afgerond)geveg 
53 % (afgerond)werking
27 % (afgerond)skade

Die uitdrukking "iemand buite geveg stel", beteken 'iemand onbekwaam maak om verder te veg'.

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Het jy onthou om ʼn ........ te maak?
1 % (afgerond)rug steun kopie
rug-steun-kopie
4 % (afgerond)rugsteun-kopie
95 % (afgerond)rugsteunkopie 

ʼn Samestelling ("rugsteunkopie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("rug", "steun" en "kopie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die voelhorings van sekere insekte staan ook bekend as ........ .
7 % (afgerond)antennes
5 % (afgerond)antenna's
42 % (afgerond)antennes of antennas 
46 % (afgerond)antennas

"Antenne" en "antenna" is wisselvorme van mekaar en kan ook 'lugdraad' beteken.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties