08 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-08-2024 só ingevul:
Sonder 'n openbare bestuurspermit mag jy nie ........ passasiers vervoer nie.
betalende
betaald
betalend
betaalde
Die woord "betalende passasiers" beteken die 'passasiers betaal'; "betaalde passasiers" beteken 'iemand het vir die passasiers betaal'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die fiets se bande is ........ en moet vervang word.
geafloop
geäfloop
af geloop afgeloop
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die plaas ........ is bekend vir sy goeie wyn.
Meerlust
Meerlus
meerlust
meerlus
Geografiese name, byvoorbeeld plaas- en plekname, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die woorddeel "milli-" in die woorde "millimeter", milliliter" en "milligram" beteken ........ .
milljoenste
duisende duisendste
honderdste
Die woorddeel "milli-" beteken "duisendste" en is afkomstig uit die Latynse "mille" wat 'duisend' beteken.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)