07 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-08-2024 só ingevul:
ʼn Harde hou op die ........ kan ʼn boksgeveg gou beëindig.
kennebak
kensbak
ken bak
kenbak
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “kennebak”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Die minister van water en sanitasie erken die departement is ........ in hul optrede en maak nie planne om probleme te voorkom nie.
reäktief
reäktif reaktief
reaktif
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “reaktief”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Die buurman wat alewig ongenooid opdaag, is ........ in my oog!
'n splinter 'n balk
'n haartjie
stof
Die idioom "om 'n balk in iemand se oog te wees" beteken 'om 'n ergernis te wees'. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is 'be a thorn in someone's flesh/side' of 'be a source of irritation to someone'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die geskiedenis van ........ is baie interessant.
die Middeleeue
die middeleeue
Die Middeleeue
Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)