06 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-08-2024 só ingevul:
Die tannietjie wat saam met Nico loop, is eintlik sy ........ .
stiefmaatjie stiefma'tjie
stiefmatjie
stiefmakie
Woorde wat eindig op 'n lang uitgespreekte "a", kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ons is almal ........ aan die staat.
onderhoornig
onnerhoorrig onderhorig
onnerhorig
Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "onderhorig") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.
Die Springbokke speel hierdie naweek in ........ .
Nieu Seeland
Nieu Zeeland
Nieu-Zeeland Nieu-Seeland
Hierdie pleknaam word in Afrikaans as "Nieu-Seeland" geskryf en bevat nie 'n "z" soos in die Engelse vorm ("New Zealand") nie.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die minister moes voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge verskyn oor haar departement se verkwistende besteding. 'n Sinoniem vir "verkwistende" is ........ .
spandabelrige
beperkte
suinige
spaarsamige
Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "verkwistend" is 'spandabelrig'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)