2407 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 06 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-08-2024 só ingevul:



Die tannietjie wat saam met Nico loop, is eintlik sy ........ .
12 % (afgerond)stiefmaatjie
72 % (afgerond)stiefma'tjie 
14 % (afgerond)stiefmatjie
2 % (afgerond)stiefmakie

Woorde wat eindig op 'n lang uitgespreekte "a", kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Ons is almal ........ aan die staat.
1 % (afgerond)onderhoornig
onnerhoorrig
98 % (afgerond)onderhorig 
1 % (afgerond)onnerhorig

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die "n" en die "d" in "onderhorig") eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Die Springbokke speel hierdie naweek in ........ .
8 % (afgerond)Nieu Seeland
13 % (afgerond)Nieu Zeeland
37 % (afgerond)Nieu-Zeeland
42 % (afgerond)Nieu-Seeland 

Hierdie pleknaam word in Afrikaans as "Nieu-Seeland" geskryf en bevat nie 'n "z" soos in die Engelse vorm ("New Zealand") nie.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die minister moes voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge verskyn oor haar departement se verkwistende besteding.
'n Sinoniem vir "verkwistende" is ........ .
98 % (afgerond)spandabelrige 
1 % (afgerond)beperkte
1 % (afgerond)suinige
1 % (afgerond)spaarsamige

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "verkwistend" is 'spandabelrig'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties