2407 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-08-2024 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 05 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-08-2024 só ingevul:



Gustav wil John se onderneming uitkoop.
Wat is die woordsoort van "uitkoop" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voornaamwoord
1 % (afgerond)voegwoord
96 % (afgerond)werkwoord 
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Skeibare werkwoorde vorm die verlede tyd met "-ge-", byvoorbeeld "uitkoop - uitgekoop".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Steve het gelukkig 'n mediese fonds, daarom kan hy na 'n ........ toe gaan.
32 % (afgerond)privaat hospitaal 
1 % (afgerond)privaat-hospitaal
67 % (afgerond)privaathospitaal

Die woorde "privaat" of "private" is byvoeglike naamwoorde en vorm dus met 'n enkele selfstandige naamwoord nie 'n samestelling nie, byvoorbeeld "privaat hospitaal", "privaat skool", "privaat sak". Die woord "privaatreg" is egter 'n uitsondering.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Gemengde groente word meestal in 'n ........ vorm verkoop.
22 % (afgerond)gevriesde
1 % (afgerond)bevriesde
77 % (afgerond)bevrore 
gevrore

Wanneer daar na 'n finansiële saak verwys word, kan "gevriesde" gebruik word, maar die voltooide deelwoord "bevrore" is meer aanvaarbaar wanneer na kos verwys word.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Hoor hoe ........ die blouape bo in die bome.

3 % (afgerond)kekkel
15 % (afgerond)gaggel
57 % (afgerond)babbel 
25 % (afgerond)klets

Ape babbel, henne kekkel en ganse gaggel (of blaas). As dit gaan oor mense wat gesels, kan jy ook sê hulle babbel of klets. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties