3172 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 22 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-04-2024 só ingevul:



Mense wat by 'n bank sake doen, word ........ genoem.


21 % (afgerond)klante
1 % (afgerond)gebruikers
verbruikers
79 % (afgerond)kliënte 

Mense wat ’n ander persoon, maatskappy of organisasie se professionele diens of raad gebruik, is "kliënte"; mense wat (gereeld) by iemand, ’n winkel, ens. koop, is "klante". Mense wat goedere verbruik, word "verbruikers" genoem.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Idioom: Geen ........ sonder baat.


64 % (afgerond)raad
3 % (afgerond)gewaad
3 % (afgerond)swaard
30 % (afgerond)kwaad 

Die idioom "geen kwaad sonder baat", beteken 'uit 'n slegte toestand kom dikwels groot verbetering'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Drie ........ het op die strand uitgespoel.


39 % (afgerond)slegs langbek- gewone dolfyne 
1 % (afgerond)slegs lang bek gewone dolfyne
11 % (afgerond)slegs langbek-gewone-dolfyne
49 % (afgerond)langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne

Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die amptenaar is ses maande lank geskors en voorts met R20 000 beboet.
Wat is die woordsoort van "voorts" in bostaande sin?


28 % (afgerond)bywoord van tyd
30 % (afgerond)bywoord van wyse
33 % (afgerond)bywoord van modaliteit 
9 % (afgerond)bywoord van graad

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van modaliteit - "voorts", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van wyse - "vinnig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
45% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties