4392 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 24 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-03-2020 só ingevul:



Die getal melkboere het die afgelope dekade ........ .


1 % (afgerond)halfveur
halfeur
99 % (afgerond)halveer 
halveur

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "halveur" in plaas van die korrekte "halveer".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Jongmense wat in graad 11 is, lê tradisioneel ........ van geloof af.


9 % (afgerond)beleidenis
89 % (afgerond)belydenis 
1 % (afgerond)beleidenes
1 % (afgerond)belydenes

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "y" en "ei".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die ........ het die speler geskors.


2 % (afgerond)nasionale Sokkerliga
84 % (afgerond)Nasionale Sokkerliga 
7 % (afgerond)nasionale sokkerliga
7 % (afgerond)Nasionale sokkerliga

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van organisasies, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.




Oom Claude se winkelrakke kreun onder die negosieware.
Wat is die sinoniem vir "negosieware" in bogenoemde sin?


1 % (afgerond)houtprodukte
18 % (afgerond)ornamente
78 % (afgerond)handelsware 
3 % (afgerond)materiaal

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
"Negosieware" is 'handelsware', 'handelsgoedere' of 'handelsartikels'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties