3908 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 22 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-08-2019 só ingevul:



Die verdagtes sal ........ op vier aanklagte van diefstal.


87 % (afgerond)teregstaan 
1 % (afgerond)ter reg staan
6 % (afgerond)te reg staan
6 % (afgerond)terregstaan

Die werkwoord "teregstaan" is 'n samestelling bestaande uit die setsel "te" die naamwoord "reg" en die werkwoord "staan". Samestellings word vas geskryf. Dit is nie altyd duidelik wanneer om die setsels "te", "ter", of "ten" in Afrikaans te gebruik nie, omdat ons nie meer geslagte en naamvalle in Afrikaans het nie. Hierdie setsels moet gewoon geleer word.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Dit is ’n ........ prys om te betaal.


diere
67 % (afgerond)duur 
33 % (afgerond)dure
dier

Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry nie ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die Republiek Ierland gebruik die ........ as geldeenheid.



36 % (afgerond)euro 
16 % (afgerond)Pond
32 % (afgerond)Euro
16 % (afgerond)pond

Die name van geldeenhede begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.




Die toestel om temperatuur outomaties te reguleer is 'n ........ .



waaierskakelaar
16 % (afgerond)temperatuurreguleerder
83 % (afgerond)termostaat 

'n "Termostaat" is 'n skakelaar wat 'n toestel teen 'n sekere temperatuur aan of af skakel.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties