3908 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 19 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-08-2019 só ingevul:



'n Reeks smeekgebede deur ’n priester voorgelees en afgewissel deur kort antwoorde van ’n gemeente of koor noem ons 'n ........ .



1 % (afgerond)litaanie
79 % (afgerond)litanie 
19 % (afgerond)litani
1 % (afgerond)litaani

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Die woord "litanie" (met die klem op die laaste lettergreep) kom uit die Griekse "lite" wat 'gebed' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




As jy haar begin uitvra oor haar sakeonderneming, blyk dit gou dat die vrou van die koffiewinkel so vals soos ........ is.


4 % (afgerond)Thomas
10 % (afgerond)Brutus
84 % (afgerond)Judas 
2 % (afgerond)Adonis

Die vergelyking 'so vals soos Judas' verwys na iemand wat ewe bedrieglik is as wat Judas in die Bybel was.
Sien ook die bladsy Vergelykings.




Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.


15 % (afgerond)vergewingsgesind
vergewing-gesind
4 % (afgerond)vergewengesind
81 % (afgerond)vergewensgesind 

Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die boereorkes het ʼn vinnige vastrap gespeel.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vastrap" in bostaande sin?


70 % (afgerond)soortname 
17 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
4 % (afgerond)eiename
9 % (afgerond)dansname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "vastrap", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties