3908 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2019 (vlak 2)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-08-2019 só ingevul:



Die plaas Oudrif is 'n ........ .


80 % (afgerond)koring- en skaapplaas
11 % (afgerond)koring-en-skaapplaas 
9 % (afgerond)koring en skaapplaas
1 % (afgerond)koringenskaapplaas

Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde (“koring, en, skaap, plaas”) in die geheel een saak benoem, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




'n Ander woord vir voedingstowwe is ........ .


nutri-ente
92 % (afgerond)nutriënte 
6 % (afgerond)nutriente
1 % (afgerond)nutrieënte

Wanneer 'n woord met twee vokale na mekaar nie as 'n diftong uitgespreek word nie, kry dit 'n deelteken op die tweede vokaal. Indien die woord oor 'n reël afgebreek word, is die deelteken nie nodig nie.

Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: By gebrek aan ........ eet 'n mens korsies van pastei.


6 % (afgerond)beskuit
7 % (afgerond)pap
18 % (afgerond)koek
69 % (afgerond)brood 

Die idioom "by gebrek aan brood eet 'n mens korsies van pastei" beteken wanneer 'n mens 'n nietige ding nodig kry en jy besit dit nie, moet jy 'n duur ding in die plek daarvan gebruik.
In Engels sê 'n mens: "If you can't get crumb you must fain eat crust."
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




pH ........ die aanduiding van suurheid of alkaliniteit.


65 % (afgerond)is 
12 % (afgerond)Is
23 % (afgerond)Is of is

Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties