3908 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2019 (vlak 1)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-08-2019 só ingevul:



Die ........ jongman maak al vroue se knieë lam.


86 %aantreklike 
4 % (afgerond)aantreklik
2 % (afgerond)aantrekkelik
9 % (afgerond)aantrekkelike

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Wanneer die woorde ná 'n koppelwerkwoord staan, kry hulle nie 'n attributiewe e nie. Byvoorbeeld: Die aantreklike jongman maak die dames se knieë lam. Maar: Die jongman is nogal aantreklik.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die water ........ van die berg af.



98 %vloei 
2 %floei

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die sprinkane ........ .



3 % (afgerond)maai-af die veld
7 % (afgerond)maai af die veld
2 % (afgerond)afmaai die veld
89 % (afgerond)maai die veld af 

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld "Die sprinkane maai die veld af.” en “Die sprinkane gaan die veld afmaai.”.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Sjoe, Jeanine, jy't darem maer geword! Hoeveel ........ het jy verloor?


3 % (afgerond)kielou
5 % (afgerond)kilou
90 % (afgerond)kilo 
2 % (afgerond)kielo

Die woord "kilo" is 'n verkorting van "kilogram". Die woord kom uit die Grieks "chilioi" wat 'duisend' beteken. Verafrikaanste woorde word volgens die gewone taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties