3177 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-04-2024 (vlak 1)



vorige toets 17 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-04-2024 só ingevul:



Jeanette het op die ........ by die stasie opgedaag en net-net die trein gehaal.


4 % (afgerond)nipertjie
91 % (afgerond)nippertjie 
1 % (afgerond)nepperkie
6 % (afgerond)nipperkie

Naamwoorde wat op “l”, “n” of “r” eindig, voorafgegaan deur ’n tweeklank, [ә]-klank of lang vokaal, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Sy sien altyd ........ in alles.


3 % (afgerond)swaregheit
89 %swarigheid 
5 % (afgerond)swarigheit
4 %swaregheid

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Naweke is ek 'n ou regte ........ .


7 %laat slaper
10 % (afgerond)laat slaaper
80 % (afgerond)laatslaper 
4 %laat-slaper

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-er”) wat ʼn woordgroep (“laat en slaap”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Die woord "maan" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Juffrou maan ons elke dag om hard te werk.
Hy het my die maan en die son en die sterre belowe.


16 % (afgerond)homofoon
81 %homoniem 
1 %antoniem
3 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "maan" (hemelliggaam) en "maan" (aandring).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties