3896 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 06 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-08-2019 só ingevul:



Die ........ van kleur in die skildery is mooi.


23 % (afgerond)afwisselling
76 % (afgerond)afwisseling 
1 % (afgerond)awisseling
1 % (afgerond)afwiseling

Aangesien die "i" in "wissel" kort en beklemtoon is, word dit gevolg deur 'n dubbel-"s".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Die Oesskattingskomitee sê sowat honderdduisend ........ is weens die verwoestende brande vernietig.


8 % (afgerond)hektare
90 %hektaar 
2 % (afgerond)hektaars
hektarens

Die meervoud van die woord "hektaar" is "hektare" of "hektaars". Wanneer die woord egter ná 'n syfer gebruik word, word net die enkelvoud gebruik.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Om ongeskik te wees met kinders is vreeslik ........ .


25 %on-Duits
58 % (afgerond)onduits 
8 % (afgerond)Onduits
8 % (afgerond)onDuits

Duitse mense is daarvoor bekend dat hulle nie ongeskik is met kinders nie. Wanneer byvoeglike naamwoorde gevorm word van eiename of ander hoofletterwoorde met die Afrikaanse voorvoegsel "on-", word die voorvoegsel en die res van die woord met kleinletters geskryf sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Ek het net vyf vrae uit die tien ........ .


11 % (afgerond)geantwoord
gebeantwoord
89 % (afgerond)beantwoord 
begeantwoord

'n Mens "antwoord" iemand, 'n klop aan die deur en 'n telefoon, maar "beantwoord" 'n vraag, brief, groet, liefde en kanonvuur.
(Bron: Skryf Afrikaans)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties