3178 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-04-2024 (vlak 2)



vorige toets 15 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-04-2024 só ingevul:



Die Afrikaanse vertaling van "bachelor's party" is ........ .



6 % (afgerond)rammetjie-uitnek-partytjie
1 % (afgerond)buffelparty
84 % (afgerond)ramparty 
8 % (afgerond)vrygeselfees

Die Afrikaans vir die Engelse "bachelor's party" is "ramparty" of "rampartytjie".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Die plaas Oudrif is 'n ........ .


66 % (afgerond)koring-en-skaapplaas 
4 %koring en skaapplaas
koringenskaapplaas
29 % (afgerond)koring- en skaapplaas

Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde (“koring, en, skaap, plaas”) in die geheel een saak benoem, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die vrou van die "burgemeester" is die ........ .


2 % (afgerond)burgemeesterin
11 % (afgerond)burgemeesteres
1 % (afgerond)burgemeestrise
86 % (afgerond)burgemeestersvrou 

"Burgemeesteres" is die vroulik van "burgemeester" en nié die vrou van die burgemeester nie.

Afrikaans besit die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei, maar in die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Idioom: Die ........ op sy kop slaan.


97 % (afgerond)spyker 
3 % (afgerond)hamer
speld

Hierdie idioom beteken 'net die regte ding sê'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties