Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
"Dankie, jou hulp was baie ........ ."
oppurtuun
oppertien opportuun
oppirtien
"Opportuun" (b.nw. en bw.) beteken 'op 'n geleë tyd' of 'van pas'. Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.
Ek moet 'n ander motor koop; gee vir my die ........ aan dat ek kyk wat adverteer hulle.
tweede handse motor gids tweedehandsemotorgids
tweede handse motorgids
tweedehandse motorgids
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "motor") en ʼn selfstandige naamwoord "gids". Indien 'n mens "tweedehandse motorgids" sou skryf, beteken dit ''n tweedehandse gids waarin motors verskyn' en nie ''n gids waarin tweedehandse motors verskyn' nie.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die boot in die droogdok moet eers ........ gemaak word voordat dit te water gelaat kan word.
see-vaardig
seevaardig seewaardig
see-waardig
Passasiers is "pad- of reisvaardig" as hulle gereed is om te vertrek. Voertuie in 'n goeie toestand is "padwaardig"; skepe is "seewaardig" en vliegtuie is "lugwaardig". (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)