3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 17 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-10-2019 só ingevul:



My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.


13 % (afgerond)Cilliersjie of Cilliers'jie
22 % (afgerond)Cillierstjie
63 % (afgerond)Cilliers'tjie 
2 % (afgerond)Cillierskie

Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Die pakkie moet asseblief by die ........ afgelewer word.


13 % (afgerond)sake adres
2 % (afgerond)sakeädres
sakëadres
85 % (afgerond)sakeadres 

Die deelteken word nie gebruik wanneer 'n "a" of 'n "o" voorafgegaan word deur 'n "e" wat tot 'n ander lettergreep behoort nie.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.


1 % (afgerond)renosterteenstropings opleidings eenheid
10 % (afgerond)renosterteenstropings opleidingseenheid
83 % (afgerond)renosterteenstropingsopleidingseenheid 
6 % (afgerond)renosterteenstropings-opleidings eenheid

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op
“-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”.
Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Die sangeres wat die hoofrol in ʼn opera vertolk, is 'n ........ .



1 % (afgerond)priemadonna
39 % (afgerond)primadonna
53 % (afgerond)prima donna 
7 % (afgerond)prima-donna

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties