3729 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-10-2019 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 07 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-10-2019 só ingevul:



Die predikant doen periodiek by ons huisbesoek.
Wat is die woordsoort van "periodiek" in bostaande sin?


3 % (afgerond)voornaamwoord
58 % (afgerond)bywoord 
8 % (afgerond)selfstandige naamwoord
31 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het die predikant huisbesoek gedoen? Die antwoord: periodiek.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die ........ van die SAKP sê baie moet nog gedoen word om armoede te verlig.


78 % (afgerond)slegs hoofsekretaris 
20 % (afgerond)hoofsekretaris of hoof sekretaris
1 % (afgerond)slegs hoof-sekretaris
1 % (afgerond)slegs hoof sekretaris

ʼn Samestelling (“hoofsekretaris”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“hoof” en “sekretaris”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Vanjaar se Slenkdalkoorsuitbreking is ........ as die een van verlede jaar.


2 % (afgerond)skadelikste
2 % (afgerond)mees skadelik
5 % (afgerond)meer skadeliker
91 % (afgerond)skadeliker 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “skadelik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “skadeliker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die skadelikste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Idioom: In iemand se ........ staan.


4 % (afgerond)skynwerper
3 % (afgerond)lamp
4 % (afgerond)maanskyn
90 % (afgerond)son 

Hierdie idioom beteken 'iemand onaangenaamheid veroorsaak'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties