3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-09-2019 (vlak 2)



vorige toets 18 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-09-2019 só ingevul:



Sodra die skof verby is, keer al die busse terug na die ........ .


1 % (afgerond)bustterminus
86 % (afgerond)busterminus 
5 % (afgerond)bus-terminus
7 % (afgerond)bus terminus

ʼn Samestelling (“busterminus”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“bus” en “terminus”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Smouse word nie op die ........ toegelaat nie.


96 % (afgerond)perseel 
perseul
4 % (afgerond)perseël

Die twee e's langs mekaar in die woord "perseel" behoort tot dieselfde lettergreep en kry dus nie 'n deelteken nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Na my mening hou die nuwe taalbeleid baie potensiaal in, maar ........ het dit reeds gefaal.


4 % (afgerond)syn siens
94 % (afgerond)syns insiens 
2 % (afgerond)syn gesien

Die vaste uitdrukking "syns insiens" beteken 'volgens sy oordeel'. "Myns insiens" beteken insgelyks 'volgens mý oordeel'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Wie is die skrywer van die Fritz Deelman-reeks?


34 % (afgerond)Karl Kielblock
8 % (afgerond)Carl Kielblock
17 % (afgerond)Leon Rossouw
41 % (afgerond)Leon Rousseau 

"Rousseau" is 'n Afrikaanse van van Franse oorsprong. Dit word ook gespel as "Rossow" of "Roussouw".
Karl Kielblock was die skrywer van onder andere die Lafras Cuyper-reeks.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties