4628 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-06-2020 (vlak 1)



vorige toets 04 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-06-2020 só ingevul:



Die bekende gereg van maalvleis, groente en kapokaartappels noem ons 'n ........ .


4 % (afgerond)herderpastei
91 % (afgerond)herderspastei 
5 % (afgerond)herderspasty

Sommige samestellings word met 'n verbindings-s geskryf, ander daarsonder en by sommige is die verbindings-s opsioneel.
Interessant om te weet: "pastei" (met al sy samestellings; 'wilds-'; 'hoender-'; 'spinasie-' ensovoorts) is die enigste woord in Afrikaans wat op "-stei" eindig.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Ek sal nie sê ........ is noodwendig die regte woord om hier te gebruik nie.


1 % (afgerond)<lelik>
1 % (afgerond)(lelik)
74 % (afgerond)"lelik" 
24 % (afgerond)lelik

Aanhalingstekens word gebruik om woorde en uitdrukkings waarvan gepraat word, aan te dui.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.




Dit is opwindende nuus, maar die ........ kan nog nie uit die mou gelaat word nie.



6 % (afgerond)haas
2 % (afgerond)hond
5 % (afgerond)kat
88 % (afgerond)aap 

Die uitdrukking "die aap uit die mou laat" beteken 'die geheim bekend maak'.

Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die dag in die middel van die week staan bekend as ........ .


12 % (afgerond)woensdag
wunsdag
87 % (afgerond)Woensdag 
Wunsdag

Die dae van die week ("Woensdag"), name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties