27 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-03-2024 só ingevul:
Bye word deur die geur van blomme ........ .
aangelok
geäanlok
aanlok
geaanlok
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het ("aanlok"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Om te werk saam met iemand wat met alles fout vind, kan tot groot ........ lei.
vrustrassie frustrasie
vrustrasie
frustrassie
Indien die laaste konsonantletter van ’n woord deur ’n lang, beklemtoonde [a] of [ɔ] voorafgegaan word, word die letter nie verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Daar is ’n ........ op die tweede bladsy.
setfout
set-fout
set fout
ʼn Samestelling ("setfout") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("set" en "fout") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek sal jou rondry, ........ jy my help.
mits
tensy
"Mits" se betekenis is 'op voorwaarde dat', terwyl "tensy" se betekenis 'indien nie' is.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)