10 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-01-2025 só ingevul:
........ is besig met opwindende opgrawings in Egipte.
Argeoloë Argeöloë Argeoloe Argeöloe
Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
........ , dit sal nie deug nie!
Hiert Jitte Aikôna Ja-nee
Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk. "Aikôna is 'n uitdrukking van ongeloof; "Ja-nee!" betuig rustige, weloorwoë instemming; "Jitte!" druk verbasing uit, en "Hiert!" word gebruik as 'n ligte uitroep van skrik of om 'n gevoel van verwondering uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
My sleutels is nou ........ ! Kan jy my daarna help soek, asseblief?
skoonveld skoon-veld skoon veld
"Skoonveld" in die betekenis 'weg' en in gholf word vas geskryf, maar in die letterlike betekenis word "skoon veld" ('stuk grond') los geskryf.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)