10 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-12-2024 só ingevul:
Sy planne om vanjaar met vakansie oorsee te gaan het toe nooit ........ nie.
gerialiseer
realiseer gerealiseer
gerealiseer of realiseer
By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op “-eer” eindig, is die “ge-“ in die verledetydsvorm opsioneel. Indien die woord egter uit meer as twee lettergrepe bestaan, is die "ge-" in die verledetydsvorm verpligtend.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die buurtwag het nog 'n ........ vasgekeer wat maande lank al die gemeenskap teister.
ramppokker
rampoker
ramppoker rampokker
’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die hawestad aan Algoabaai wat voorheen as Port Elizabeth bekend gestaan het, is ........ .
Gebertha
Gqebergha Gqeberha
Qeberha
Port Elizabeth, wat in die volksmond ook as Die Baai bekend staan, het onlangs verander. Dit is belangrik dat ons weet hoe om die name van belangrike plekke te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die minister het ʼn medalje vir dapperheid aan die soldaat se ........ vasgesteek.
lappel lapel
lappél
lapél
Die woord "lapel" word anders as die woord "appèl" met een "p" en sonder 'n gravis op die "e" gespel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)