11 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-10-2024 só ingevul:
Die woord "skep" in die volgende sinne is ’n ........ . Die vroue skep met ʼn emmer water uit die rivier. Die kunstenaar skep ’n kunswerk.
sinoniem homoniem
antoniem
homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "skep" (‘kos of water skep’) en "skep" (‘iets maak’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Ek moes by ........ mense tuisgaan.
vreemd vreemde
freemd
freemde
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("vreemd"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: ........ is die beste kok.
Die muis
Kerneels Honger
Katrina
Die idioom "honger is die beste kok", beteken 'as 'n mens honger is, smaak alles lekker'. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die sonskerm beskerm jou vel teen die skadelike strale van die son. Die woordsoort van "beskerm" is 'n ........ .
bywoord werkwoord
voegwoord
selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beskerm" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)