4034 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-08-2020 (vlak 1)



vorige toets 06 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-08-2020 só ingevul:



Verkies jy ’n trui met ’n ........ of ’n halternek?


8 % (afgerond)V nek
82 % (afgerond)V-nek 
3 % (afgerond)veenek
7 % (afgerond)vnek

Wanneer ʼn syfer, simbool of getal met ʼn woord verbind om ʼn samestelling te vorm, word die syfer, simbool of getal met ʼn koppelteken aan die res verbind, byvoorbeeld V-nek, B-graad, C-klas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Daardie klein ........ is 'n knapie wat nie onderskat moet word nie, hoor!


69 % (afgerond)Annendaletjie
3 % (afgerond)Annendale'kie
10 % (afgerond)Annendalekie
18 % (afgerond)Annendale'tjie 

Name of vanne wat op "e" of "ers" of "s" eindig, en wat nie uitgespreek word nie, kry in die meervoud of verkleiningsvorm 'n afkappingsteken.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.




Uitdrukking: Die bure se geraas is om van ........ te word!


91 % (afgerond)stapelgek 
1 % (afgerond)stapellaf
6 % (afgerond)stapelmal
1 % (afgerond)stapelsiek

Die uitdrukking "stapelgek" het ons van Nederlands geërf. Die Nederlandse "krekel" (kriek) het eeue gelede saam met die sprinkaan as 'n "stapel" bekend gestaan. Om "stapelgek" te wees, was dus om soos 'n kriek of sprinkaan rond te spring.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Penelope is, volgens die mitologie, getroud met ........ .


94 % (afgerond)Odusseus 
6 % (afgerond)odusseus of Odusseus
1 % (afgerond)odusseus

Die eiename van mitologiese figure begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties