Massaname is selfstandige naamwoorde wat eintlik nie getel kan word nie en neem meestal nie meervoud nie, byvoorbeeld "skimmel", "vleis", "goud". Party bronne onderskei tussen massaname en stofname.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die regering kan nou die bod om die ........ aan te bied amptelik steun.
Wêreldrugbybeker
Wêreld Rugbybeker
Wêreld rugbybeker
Wêreld-rugbybeker
ʼn Samestelling (“Wêreldrugbybeker”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“Wêreld”, "rugby" en “beker”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ruurd is sekerlik een van die ........ mense wat ek ken.
bourgeoist
bourgeoiste
mees bourgeoiste mees bourgeois
Die trappe van vergelyking van leenwoorde word meestal met "meer" en "mees" gevorm. In die geval van "bourgeois" word daar nie in die oortreffende trap 'n "-e" aan die einde bygevoeg nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Idioom: 'n ........ maak 'n plaas.
Boer
Arbeider
Voorman Baas
Hierdie idioom beteken 'die gehalte van 'n boerdery hang van die boer af'.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)