3115 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 13 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-05-2024 só ingevul:



Daar's al skimmel op die brood; gooi dit weg!
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "skimmel" in bostaande sin?


34 % (afgerond)massaname 
21 % (afgerond)versamelname
30 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
15 % (afgerond)eiename

Massaname is selfstandige naamwoorde wat eintlik nie getel kan word nie en neem meestal nie meervoud nie, byvoorbeeld "skimmel", "vleis", "goud". Party bronne onderskei tussen massaname en stofname.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die regering kan nou die bod om die ........ aan te bied amptelik steun.


74 % (afgerond)Wêreldrugbybeker 
17 % (afgerond)Wêreld Rugbybeker
4 % (afgerond)Wêreld rugbybeker
5 % (afgerond)Wêreld-rugbybeker

ʼn Samestelling (“Wêreldrugbybeker”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“Wêreld”, "rugby" en “beker”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ruurd is sekerlik een van die ........ mense wat ek ken.


1 % (afgerond)bourgeoist
48 % (afgerond)bourgeoiste
17 % (afgerond)mees bourgeoiste
34 % (afgerond)mees bourgeois 

Die trappe van vergelyking van leenwoorde word meestal met "meer" en "mees" gevorm. In die geval van "bourgeois" word daar nie in die oortreffende trap 'n "-e" aan die einde bygevoeg nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Idioom: 'n ........ maak 'n plaas.


43 % (afgerond)Boer
5 % (afgerond)Arbeider
6 % (afgerond)Voorman
45 % (afgerond)Baas 

Hierdie idioom beteken 'die gehalte van 'n boerdery hang van die boer af'.

Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties