3140 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 13 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-05-2024 só ingevul:



Die plek waar lyke veras word, is 'n ........ .



99 % (afgerond)krematorium 
verassery
1 % (afgerond)lykshuis
verbrandingsoond

Lyke word in 'n "krematorium" veras; afvalstowwe word in 'n "verbrandingsoond" verbrand; lyke word tydelik in 'n lykshuis gehou voor die teraardebestelling of verassing.

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Uitdrukking: Honger is 'n skerp ........ .


3 % (afgerond)skêr
24 % (afgerond)mes
26 % (afgerond)dolk
47 % (afgerond)swaard 

Die uitdrukking "honger is 'n skerp swaard" beteken 'honger is 'n doeltreffende dwangmiddel'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




........ is ’n landboutegniek wat by onbesproeide landbougewasse, wat min jaarlikse natuurlike reënval ontvang, toegepas word.




1 % (afgerond)Droë land boerdery
96 % (afgerond)Droëlandboerdery 
1 % (afgerond)Droë land-boerdery
1 % (afgerond)Droë-land boerdery

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABlandboerdery
Sien ook die bladsy Samestellings.




Oupa se motor is wel 'n ou krok, maar hy kan darem nog daarmee ry.
Watter soort selfstandige naamwoord is "krok" in bostaande sin?


motornaam
69 % (afgerond)soortnaam  
4 % (afgerond)eienaam
26 % (afgerond)abstrakte naamwoord

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "krok", "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties