3140 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-05-2024 (vlak 1)



vorige toets 13 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-05-2024 só ingevul:



Die bos is ........ hierlangs.


8 % (afgerond)ryg
6 % (afgerond)reig
85 % (afgerond)ruig 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "ryg" in plaas van die korrekte "ruig".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Deur meer masjiene te gebruik, word werkgeleenthede ........ .


97 % (afgerond)ingeboet 
2 % (afgerond)geïnboet
1 % (afgerond)ge-inboet
geinboet

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Die ........ weet hoe lank die bier moet gis.


8 % (afgerond)Brouer
88 % (afgerond)brouer 
1 % (afgerond)Brauwer
3 % (afgerond)brauwer

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “brouer”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die woord "geslag" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die Bohlmanns het gister 'n bees geslag.
Die monoteïstiese gelowe spruit almal uit die geslag van Abraham.


83 % (afgerond)homoniem 
4 % (afgerond)sinoniem
12 % (afgerond)homofoon
antifoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “geslag” (‘verlede tyd van slag’) en “geslag” (‘afstammeling’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties