3115 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-05-2024 (vlak 1)



vorige toets 14 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-05-2024 só ingevul:



Die rose gedy in hierdie bedding.
Wat is die woordsoort van "gedy" in bostaande sin?.


89 % (afgerond)werkwoord 
9 % (afgerond)selfstandige naamwoord
voornaamwoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "gedy", kry egter nie 'n ekstra "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Ek ........ , moenie vir my wag nie.


2 % (afgerond)uitgaan vanaand
3 % (afgerond)gaan uit vanaand uit
95 % (afgerond)gaan vanaand uit 
uitgaan vanaand uit

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Ek gaan vanaand uit.” en “Ek wil vanaand uitgaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.




Wanneer die ........ praat, moet ons mooi luister.


48 % (afgerond)Imam
18 % (afgerond)iman
6 % (afgerond)i-mam
29 % (afgerond)imam 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "imam", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Die Pumas moes vanmiddag die knie teen die Griffons ........ .


4 % (afgerond)swik
6 % (afgerond)knak
5 % (afgerond)stamp
85 % (afgerond)buig 

Die idioom "die knie buig" beteken ‘die stryd opgee’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties