13 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-05-2024 só ingevul:
Die plek waar lyke veras word, is 'n ........ .
krematorium
verassery
lykshuis
verbrandingsoond
Lyke word in 'n "krematorium" veras; afvalstowwe word in 'n "verbrandingsoond" verbrand; lyke word tydelik in 'n lykshuis gehou voor die teraardebestelling of verassing.
Die uitdrukking "honger is 'n skerp swaard" beteken 'honger is 'n doeltreffende dwangmiddel'. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
........ is ’n landboutegniek wat by onbesproeide landbougewasse, wat min jaarlikse natuurlike reënval ontvang, toegepas word.
Droë land boerdery Droëlandboerdery
Droë land-boerdery
Droë-land boerdery
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord. https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABlandboerdery
Sien ook die bladsy Samestellings.
Oupa se motor is wel 'n ou krok, maar hy kan darem nog daarmee ry. Watter soort selfstandige naamwoord is "krok" in bostaande sin?
motornaam soortnaam
eienaam
abstrakte naamwoord
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "krok", "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)