3115 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 14 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-05-2024 só ingevul:



As gevolg van die onderwyser se ........ in die klas, het die hele klas gedruip.


3 % (afgerond)slapste
91 % (afgerond)slapte 
3 % (afgerond)slappe
3 % (afgerond)slap

Sommige eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde wat op "g", "s" of "p" eindig, kry 'n "-te" as dit verbuig word.
Gewoonlik kry "slap" nie 'n attributiewe "-e" nie (soos in "slap deeg"), maar wanneer dit 'n selfstandige naamwoord word, kry dit wel die "-te". "Slapte" is 'n toestand van gebrek aan flinkheid en deurtastendheid.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die terroriste het 'n ........ in die bank aangehou.


6 % (afgerond)gysselaar
90 % (afgerond)gyselaar 
2 % (afgerond)geiselaar
1 % (afgerond)geisellaar

Die werkwoord "gysel" se oorsprong kan teruggelei word na die Kelties; tóé en vandag beteken dit 'om iemand gevange te hou'. Die uitgang "-aar" verwys gewoonlik na die handelende persoon, en 'n mens sou dus verwag dat 'n gyselaar iemand is wat iemand ander gevange hou. 'n "Gyselaar" (ook soms "gyseling") verwys egter na die persoon wat gevange gehou word.
Sien ook die bladsy Diftonge.




Die wêreldbekende musiekfees wat jaarliks in Augustus naby Northam in Limpopo plaasvind, is ........ .



12 % (afgerond)Oppiekoppie
2 % (afgerond)Op die Koppie
2 % (afgerond)oppikoppie
85 % (afgerond)Oppikoppie 

Name van feeste word met hoofletters geskryf, byvoorbeeld "Oppikoppie", "Aardklop" en "Innibos".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die tromspeler kap die ........ van die musiek uit.


rutme
99 % (afgerond)ritme 
1 % (afgerond)rytme

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "ritme" is 'n verafrikaansing van die Griekse woord "rhuthmos".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties