2977 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Lang/kort vokale

Die manier hoe vokale in Afrikaans geskryf word as klinkers, hang van baie faktore af. Dit sluit onder andere in:

  • of die lettergreep oop of geslote is;
  • woordklem;
  • waar die woord vandaan kom;
  • tradisie;
  • ens.


In geslote lettergrepe skryf ons aa, ee, oo en uu om te wys dat die klanke lank uitgespreek word. Byvoorbeeld:

  • daar, blaar, vervaardig, sigaar
  • beer, kreef, verkeerd, beheer
  • boor, kroos, verdoof, gehoor
  • muur, buurt, minuut, versuur

In oop lettergrepe aan die begin of in die middel van 'n woord skryf ons a, e, o en u as die klanke lank uitgespreek word. Byvoorbeeld:

  • ape, skape, dermate
  • edel, bene, verskeping
  • ore, bore, beskore
  • ure, vure, minute

In oop lettergrepe aan die einde van 'n woord skryf ons a, o en u as die klanke lank uitgespreek word. Byvoorbeeld:

  • ja, verdra, skoonma
  • bo, geglo, inligtingsburo
  • kru, skadu, individu

 

Lees meer

 

In hoofstuk 16 van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls word al die reëls met betrekking tot vokale gegee. 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties